Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Wat die hart van vol is " deur PETER BLUM
Uit " Wat die hart van vol is " deur PETER BLUM [boodskap #105941] Fri, 16 September 2005 15:35
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Wat die hart van vol is"
Peter Blum

So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.
Vorige onderwerp: " Anatomieles " deur LUCAS MALAN
Volgende onderwerp: " Uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 10:42:11 UTC 2025